Home l Afrikaans Books l Fiksie l ’n Swerwer op die sonpad  
  ’n Swerwer op die sonpad
deur W.A. de Klerk
AGTERGROND
W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In ’n Swerwer op die sonpad vertel hy twee verhale gelyktydig: sy reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek én die geskiedenis van daardie epiese tog. Sy lewendige verteltrant laat dié veelbewoë stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. Hy voer ook talle onderhoude met Dorslandtrekkers en hulle kinders wat hy woord vir woord weergee in elkeen se unieke, sappige Afrikaans. Dit is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.
OOR DIE OUTEUR
Willem Adriaan de Klerk is op 7 Maart 1917 in die Vrystaat gebore. Hy het aanvanklik regte studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, maar was later omroeper by die SAUK en BBC, vrugteboer in die Paarl en skrywer. Hy het in sy loopbaan tientalle romans, reisbeskrywings, jeugverhale en semifilosofiese werke gelewer. In 1952 is die Hertzogprys aan hom toegeken. ’n Swerwer op die sonpad is ’n ikoniese werk oor ’n onderwerp wat De Klerk na aan die hart gelê het en wat andersins onontgin is in die Afrikaanse letterkunde. W.A. de Klerk is in 1996 oorlede.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Bekende outeur van fiksie en kultuurhistoriese geskrifte. Tans is daar hernieude belangstelling in geskiedenis van Suid-Afrikaners se wedervaring in Angola.
Prys: 200.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-257-0
210 x 134 mm
Hardeband, 320 bladsye + 16 bladsye fotoseksie
Gewig: 500 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us