 |
| |
Wilhelmina: Kampkind op Java
deur Mariël le Roux
AGTERGROND
Wilhelmina: Kampkind op Java, is die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wêreldoorlog. Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenië te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesië. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is.
Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. En Mariël le Roux het daarvan ’n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ’n mens jou daarin kan inleef. Dit is voorwaar ’n boek wat nie maklik neergesit word as ’n mens dit eers begin lees het nie.
OOR DIE SKRYWER
Mariël le Roux is ’n dosent in Verpleegkunde. Sy woon tans op Hermanus.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Afrikaanse lesers wat weet van die Anglo-Boereoorlogkonsentrasiekampe behoort geboei te wees deur die verhaal oor Indonesiese konsentrasiekampe. Die gegewe vorm ook die agtergrond vir die rolprent Road to Paradise. Dit behoort saam met Die Agterhuis bemark te word, omdat dit eweneens die ware verhaal van ’n Nederlandse tienderjarige meisie tydens die Tweede Wëreldoorlog vertel.
Prys: 140.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2007
ISBN: 978-1-86919-162-7
137 x 213 mm
sagteband, 280 bladsye
Gewig: 400 g |
|
 |
|
 |
 |
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |