 |
| |
Wat doen mense elke dag
deur Richard Scarry
Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op ’n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels. Wat doen ’n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad? Verder kan honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge geleer word. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die węreld kan uitbrei. ’n Plesier vir oud en jonk!
OOR DIE ILLUSTREERDER
Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n węreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Węreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.
LESERSPROFIEL
Teikenleser: 3–8-jaar (voor- en selflees)
Prys: 120.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN: 9781869192518
300 x 260 mm
63 bladsye, hardeband, kleurillustrasies
Gewig: 600 g
|
|
 |
|
 |
 |
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |