 |
| |
Voetspore in die Kalahari
deur Willem D. Kotzé
Voetspore in die Kalahari is ´n ware Afrika-verhaal, gewortel in die harde werklikheid van die Kalahari: weergaloos mooi maar ook meedoënloos wreed.
Die skrywer gaan terug na sy eerste herinneringe, meer as vyftig jaar gelede, en sy moeder se vroeë dood weens malaria. Daarna sy laerskooljare, met onwillige rydonkies, befoeterde onderwysers en ´n streng pa wat verwag dat dinge ook op die plaas moet regloop, veral met die skaap-oppas.
Met die groot tekorte tydens die Tweede Wêreldoorlog bly die Kalahari gee en gee: van gebraaide sonbesiepapies en ´n verskeidenheid bessies tot 'n lekker springboklewer oor die kole. Patryse soms veertig per haelgeweerskoot.
Die is die dae waarin die eerste motors die vasvalduine begin uitstorm, en polisiemanne hul laaste patrollies op kamele aanpak. Uiteindelik maak ´n bestiering dit vir die jong seun moontlik om na die hoërskool op Swakopmund te gaan, en só begin sy spore wegdraai van die rooiduinwêreld met sy wuiwende blikaargras en groot kameeldoringbome.
Voetspore in die Kalahari is ´n boeiende kultuurhistoriese dokument met onvergeetlike dramatiese momente, soos die episode waar die gesin honderde halfverkluimde skaapooie met goiingsakke en warm koffie probeer deurhaal; die vreesaanjaende sandstorm waarin die skrywer as seun beland het op soek na sy broer se staanplek in die veld en die verbygegane wonder van duisende wildsbokke op ´n soutpan in die gloed.
Dis herinneringe aan ón ongerepte wêreld en ´n harde maar avontuurlike leefwyse wat min beskore is.
Prys: 94.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2007
ISBN: 9781869190750
115 x 210 mm
170 bladsye, sagteband
Gewig: 300 g
|
|
 |
|
 |
 |
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |