 |
| |
Vlerke vir my houteend
deur Kobus Lombard
AGTERGROND
Die Namibiese digter Kobus Lombard sluit met sy derde bundel aan by temas in sy vorige twee bundels. Hy skryf in eenvoudige taal en helder beelde oor die skeppingsproses waar die digter soms op loop geneem word deur woorde, maar soms soos ’n hengelaar daarin slaag om die groot vis in te katrol. Dit is egter veral sy verse oor die godsdiensbelewing van gewone mense wat by baie lesers aanklank behoort te vind. God verskyn dikwels in die onverwagse, as ’n bedelaar in ’n supermark (“Kyk, Ek klop”), maar ook in die fyn besonderhede van die natuur
(“Watergat”) of in die gewone, soos Gobabis se stofstrate (“Ek sien ’n nuwe hemel”).
Ook die Namibiese agtergrond van talle verse behoort vir Suid-Afrikaanse lesers aantreklik te wees. In die gedig “Taal” sê hy woorde moet … ruik
na kameelhout se vuur
dit moet vrank wees/
soos rosyntjiebosblaar,
’n duin se maanhaar
lemskerp na kan trek
OOR DIE OUTEUR
Die skrywer het in die distrik Gobabis in Namibië grootgeword en woon en werk in die openbare sektor in Windhoek. Sy vorige bundels is Geknipte naelstring en Tussen wysvinger en duim.
LESERSPROFIEL
Baie toeganklike poësie met sterk godsdienstige ondertone wat nooit soetsappig word nie. Sal by ’n wye leserspubliek aanklank vind.
Prys: 130.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2010
ISBN 978-1-86919-354-6
137 x 213 mm
80 bladsye, sagteband
Gewig: 120 g |
|
 |
|
 |

|
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |