Home l Afrikaans Books l Geskiedenis l Veldsmanne  
  Veldsmanne
deur J. von Moltke
Die Angola-Boere was afstammelinge van die Dorslandtrekkers wat vir sewe jaar deur woeste en onbekende lande moes swerf voordat hulle die "beloofde land" bereik het. In Angola was hulle enigste bronne van bestaan, behalwe boerdery, jag en transportry - en af en toe 'n kansie om as vrywilligers op een of ander ekspedisie teen opstandige swart stamme krygsdiens te doen.
Van hulle is gesê:
"Truly these Boers are wonderful people. They are quite capable of laying the foundations of a civilised State in a region where it has hitherto been thought that white men could not even live." -
The Star, 9 Sept. 1890
"Taking them all round, a finer set of men I had rarely seen; without doubt, during that seven years' journey it was a case of survival of the fittest." -
Lord Mayo, Proceedings of the Royal Society, Jul. 1883
In Veldsmanne vertel die ou Boerepioniers op hulle eie, ongekunstelde manier hoe hulle in Angola geleef het en die land help tem het en van hulle jagvernuf en krygsvernuf.
Willie Meester (Opperman) vertel van die kaalvoetjagter Larssen ("die knapste olifantjagter wat seker ooit geleef het"), die jagkonings van die Shimborro, die kwaai olifant van Catengue, petaljes met seekoeie, leeujag en slawerny in Angola. Oom Willem Grobler ('n Voortrekker-afstammeling) vertel van oom Paul Venter en sy viool en die veldtogte teen Maranga, Ndoendoema en Huambo. Oom Peet van der Merwe (skrywer van Ons halfeeu in Angola) vertel van die Vlugekspedisie (1906) en die Wenekspedisie (1907).
Prys: 200.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2005
ISBN: 9781869191054
140 x 220 mm
400 bladsye, hardeband, met fotoseksie
Gewig: 700 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us