Home l Afrikaans Books l Kook en Gesondheid l Uit die Veldapteek  
  Uit die Veldapteek
deur Betsie Rood
AGTERGROND
Hierdie publikasie bestaan uit ’n omvattende versameling veldgeneesmiddels wat in Suid-Afrika voorkom. Vir elke plantspesie verskaf Betsie Rood die botaniese naam, volksname, beskrywing van die plant, sowel as verskeie rate vir die gebruik daarvan. Hierdie boek is ’n kultuurskat, nie net omdat dit eeue se veldwysheid, kure en wenke weergee nie, maar ook omdat dit die verskeie kulture in Suid-Afrika se verskillende gebruike vir dieselfde plante saamvat.
OOR DIE OUTEUR
Betsie Rood was ’n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Daar is ’n oplewing in die belangstelling in kruie en die rol van die natuur. Daarbenewens is gesondheid en skoonheid twee industrieë wat, volgens kenners, in die volgende twee dekades gaan ontplof. Dit is te verstane dat die eerste uitgawe van
Uit die veldapteek so gewild was dat ’n tweede uitgawe vandag sterk in aanvraag is.
Prys: 180.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-274-7
170 x 250 mm
126 bladsye + 12 bladsye fotoseksie, hardeband
Gewig: 490 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us