Home l Afrikaans Books l Kinderboeke l Stories met stertjies  
  Stories met stertjies
deur Corlia Fourie
Aspoestertjie skilder met houtskool, die gestewelde kat faal in sy plan om sy nooi ryk te maak en die slapende skone is effe ongeskik wanneer sy in haar slaap gesteur word. Boonop verander ’n padda nie altyd in ’n prins nie…
In hierdie ietwat ongewone bundel word bekende sprokies van Grimm, Anderson en Perrault herskryf om ’n meer realistiese wêreld van prinse en prinsesse te skep – met skreeusnaakse gevolge. Die herskeppings word tesame met die oorspronklike weergawes geplaas vir dubbele leesgenot. Die bundel is geïllustreer deur Alzette Prins, wat die veertien sprokies komplementeer.
Stories met stertjies is ’n bundel vir oud en jonk, vir almal wat weet dat die alledaagse soms interresanter gevolge kan hê as die voorspelbare patroon van die tradisionele sprokie. Met hierdie bundel bewys Fourie weer eens dat sy ’n meesterverteller is wat die psige van die kind verstaan.
OOR DIE OUTEUR
Corlia Fourie skryf in verskeie genres. Twee van haar kinderboeke,
Die meisie wat soos 'n bottervoël sing en Die towersak en ander stories is met die M.E.R.-prys bekroon, terwyl Die meisie wat soos 'n bottervoël sing ook die Tinie Holloway-medalje ontvang en Die towersak die Alba Bouwer-toekenning. Vir haar volwasse prosa verwerf sy ook verskeie pryse.
Prys: 100.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2007
ISBN: 9781869191412
230 x 310 mm
48 bladsye, hardeband, waterverftekeninge
Gewig: 650 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us