Home l Afrikaans Books l Boerdery l Siektes en parasiete by skape en bokke in Suid-Afrika  
  Siektes en parasiete by skape en bokke in Suid-Afrika
deur Pamela en Peter Oberem
Die boek gee ‘n oorsig van die bestuur, voeding, en die oorsake en diagnose van siektes by skape en bokke. Afsonderlike hoofstukke is toegewy aan die mees algemene siektes, interne en uitwendige parasiete en die oorsake van vergiftiging by kleinvee.
Entingsprogramme en doseringstrategieë word verskaf en die chemiese middels en metodes van aanwending word bespreek. Die boek sluit fotos in van die mees algemene siektetoestande, parasiete en giftige plante. Diagramme van die lewensiklusse van die mees algemene parasiete is ook ingesluit.
Pamela Oberem is īn veearts wat 20 jaar op Onderstepoort navorsing gedoen het oor infeksiesiektes. Sy was bestuurder van die Bek-en-klou-produksie-eenheid en was īn konsultant vir Onderstepoort Biologiese Produkte oor die produksie van bakteriese en virus-entstowwe. Sy is die outeur van verskeie wetenskaplike publikasies en tegniese boeke, en het īn reeks boeke oor dieresiektes vir die publiek geskryf.
Peter Oberem is die stigter en tans die besturende direkteur van die dieregesondheidsmaatskappy Afrivet Business Management. Hy is īn deskundige in die bestryding van eksterne parasiete en die bestuur van bosluisoorgedraagde siektes, en is īn direkteur van Wildlife Ranching SA (WRSA) en van Limpopo Agribusiness Development Corporation (LADC). Voorheen was hy voorsitter van die South African Animal Health Association en voorsitter van AVCASA. Peter en Pamela is wildboere en is toegewyd aan die bewaring van die natuur.
Prys: 375.00 N$ inkl. VAT
Landbouweekblad en Afrivet, Kaapstad 2011
ISBN 9780620495622
220 x 290 mm
146 bladsye, hardeband
Gewig: 930 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us