 |
| |
Op die groot spore
deur P.J. Schoeman
AGTERGROND
’n Ervare jagter word toegelaat om ’n geheime jagekspedisie van die Zoeloekoning te vergesel op ’n groot soektog na die kragtige bestanddele vir die inkatha yezwe (koninklike medisyne). Die ekspedisie beweeg deur ’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook ’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, ’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei - daar waar die lewe sin kry.
OOR DIE OUTEUR
Gebore 20 September 1904. Hy verwerf ‘n doktorsgraad in Volkekunde in Londen. Daarna doseer hy Volkekunde aan die US maar tree in 1947 af om voltyds te skryf. In 1951 word hy aangestel as hoofveldwagter in Namibië. Sy eerste boek, Die swerwerjagter, verskyn in 1933. Toekennings: Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Hy het dertig boeke gepubliseer en is op 5 Julie 1988 op Stellenbosch oorlede.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
P.J. Schoeman se boeke is klassiek Afrikaans. Die manier waarop Schoeman die tradisionele Zoeloewêreld aan die leser uitbeeld, verbreed horisonne en bou begrip onder Suid-Afrikaners. Sy liefde vir die natuur, sy kennis daarvan en belangstelling daarin is die erfenis wat Schoeman aan sy leser nalaat.
Prys: 100.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2007
ISBN: 978-1-86919-135-1
210 x 137 mm
145 bladsye, Sagteband met oorspronklike swart en wit sketse
Gewig: 250 g |
|
 |
|
 |

|
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |