 |
| |
Motors, trokke en alles wat ry
deur Richard Scarry
Kom val in die pad saam met Richard Scarry – skrywer van treffers soos My eerste boek van ALLES! en Die beste rympies ooit. Met Scarry se gebruiklike humor en verbeeldingrykheid as gids reis ons jong lesers saam met die Oinkgesin na die strand. Op pad maak hulle kennis met honderde rytuie – van ambulanse tot goggabusse!
OOR DIE ILLUSTREERDER
Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n węreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Węreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.
LESERSPROFIEL
Teikenleser: 3–8-jaar (voor- en selflees)
Prys: 120.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN: 9781869193348
300 x 260 mm
69 bladsye, hardeband, volkleur illustrasies
Gewig: 650 g
|
|
 |
|
 |
 |
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |