 |
| |
Môrewind oor die Karasberge
deur E.L.P. Stals
AGTERGROND
Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie. Namas, Oorlams, Basters, Boere, sendelinge, handelaars, Duitse boere en koloniale amptenare het van die 1700’s af tot aan die begin van die twintigste eeu ’n tuiste gevind in die Karasstreek in die suide van Namibië. Tot nou toe het niemand hulle geskiedenis opgeteken nie. Môrewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie, opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.
“Dit is ’n aangrypende verhaal van die kolonisasie van ’n streek wie se geskiedenis relatief onbekend is.”
Prof. Hermann Giliomee
OOR DIE OUTEUR
Dr. Ernst Stals het aan verskeie tersięre instellings doseer en is tans navorsingsgenoot van die Geskiedenisdepartement van die Universiteit van Stellenbosch. Uit sy pen het verskeie werke oor die geskiedenis van Namibië verskyn, onder andere Die aanraking tussen blankes en Ovambo’s in Suidwes-Afrika 1850–1915, Duits-Suidwes-Afrika na die groot opstande, Die Van der Merwes van Ehomba, Kurt Streitwolf: Sy werk in Suidwes-Afrika 1899–1914 en Die rol van Viktor Franke in Suidwes-Afrika 1896-1915.
LESERSPROFIEL
Geskiedenisliefhebbers van 16 tot 90, in besonder lesers wat belangstel in kontreigeskiedenis.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Kontreigeskiedenis wat op ’n toeganklike manier aangebied word.
Prys: 200.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN 978-1-86919-181-8
152 x 222 mm
480 bladsye, s/w fotos, hardeband
Gewig: 900 g
|
|
 |
|
 |
 |
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |