 |
| |
Kryt en Kordaat
deur Pieter Greeff
AGTERGROND
Kryt en Kordaat is die verhaal van ’n Afrikaanse seun en ’n Boesmanseun in die 1930’s. Kryt is vir agt jaar alleenkind op hul plaas Halt in die Kalahari.
Een koue wintersoggend verskyn die Boesmanseun en sy pa op Halt op soek na werk. Kryt sien dadelik die seun se fier en trotse houding, doop hom “Kordaat” en is bly dat hy uiteindelik ’n maat het.
Kryt en Kordaat word egter meer as maats - as boesemvriende deurkruis hulle die uitgestrekte Kalahari op hul perde. Kryt leer Kordaat somme maak met tsammapitte. Kordaat leer Kryt die geheimenisse van die Kalahari en sy diere. Saam beleef hul vele - en soms lewensbedreigende - avonture.
Die pyl in Slagtand Smit se binnebeen wat sy lang leiding en uiteindelike dood veroorsaak het, bly egter ’n skaduwee wat hul vir altyd sal volg.
OOR DIE OUTEUR
Pieter Greeff debuteer op tagtigjarige ouderdom met Kryt en Kordaat. Hy het grootgeword in die destydse Suidwes-Afrika en het daar die pos beklee as die hoof van Justisie. Hy is later streeklanddros in Suid-Afrika tot en met sy aftrede. Hy en sy vrou Christa woon nou in hul huisie by die see in Klein-Brak. Greeff het vier kinders en dien nog op verskeie rade. Onder andere is hy die provinsiale leier van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika.
LESERSPROFIEL
Geskik vir tieners en volwassenes. Lesers wat hou van avontuur, die buitelewe, die natuur en menseverhoudings.
Prys: 150.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2010
ISBN 978-1-86919-336-2
137 x 213 mm
278 bladsye, sagteband
Gewig: 350 g |
|
 |
|
 |

|
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |