 |
| |
Kos uit die veldkombuis
deur Betsie Rood
AGTERGROND
Hierdie publikasie bestaan uit ’n omvattende versameling kleurfoto’s, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook ’n kultuurhistoriese rekord van ’n leefwyse van eenvoud wat al so te sê uitgesterf het.
OOR DIE OUTEUR
Betsie Rood was ’n bekende in koskringe en in haar leeftyd het sy verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.
Sy word beskou as veral ’n kenner van kos en medisyne uit die natuur.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Hierdie boek is nie net ’n kookboek nie, maar ’n kultuurskat. Omdat kamp en 4x4-roetes deesdae so gewild is, is daar opnuut belangstelling in veldkos. Die groeiende, internasionale Slow Food-beweging (wat ontstaan het in reaksie op Kitskos) is ook groot aanhangers van Rood se werk.
Prys: 180.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-255-6
250 x 270 mm
120 bladsye, Hardeband, 12 bladsye volkleur fotoseksie
Gewig: 490 g |
|
 |
|
 |
 |
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |