Home l Afrikaans Books l Kinderboeke l Kootjie Totjie  
  Kootjie Totjie
deur C. J. Langenhoven
Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders – en grootmense. Kootjie Totjie is ’n wit varkie wat heerlik op die plaas woon – totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer.
Die jonge Kootjie verlang vreeslik na sy ma daar in sy gevangenskap in die bos, maar ’n ma-duif ontferm haar oor die ou varkie en sy kom met ’n plan vorendag om Kootjie van die slagtersmes te red - en wat ’n meesterlike plan is dit nie!
Die humor en lewendige beskrywings spreek van Langenhoven-stories se eiesoortige bekoring.
OOR DIE OUTEUR
C.J. Langenhoven is een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers. Sy kinderverhale, waaronder Brolloks en Bittergal en Die Krismiskinders, is kultuurskatte en ou bekendes onder etlike lesergenerasies.
Marjorie van Heerden is ’n bekende skrywer en illustreerder van kinderboeke. Sy illustreer onder andere Ek en my monster (deur Leon de Villiers) en Folktales from Africa (deur Dianne Steward). Haar werk verskyn in meer as 80 boeke en in 27 tale. In 2008 het Marjorie die MER prys saam met die skrywer Wendy Hartmann vir die beste Suid Afrikaanse kinderboek, Nina en Eendjie, gewen.
LESERSPROFIEL
Voorlees vir 3- tot 5-jariges.
Prys: 95.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN 9781869193133
215 x 280 mm
40 bladsye, sagteband, volkleur
Gewig: 200 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us