Home l Afrikaans Books l Kinderboeke  
Previous l Page: 1 2 l Next
  Stories met stertjies
deur Corlia Fourie
Aspoestertjie skilder met houtskool, die gestewelde kat faal in sy plan om sy nooi ryk te maak en die slapende skone is effe ongeskik wanneer sy in haar slaap gesteur word. Boonop verander ’n padda nie altyd in ’n prins nie…
Meer inligting
 
 
  Toepa-toepa towery
deur J. F. Spies
Illustrasies deur Piet Grobler
’n Digbundel vir kleuters uit die pen van wyle J.F. Spies, vader van die digter Lina Spies. Hierdie buitengewone toevoeging tot Afrikaanse kinderliteratuur se waarde word verhoog deur die bekende kunstenaar Piet Grobler se illustrasies...
Meer inligting
 
 
  Kootjie Totjie
deur C. J. Langenhoven
Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders - en grootmense. Kootjie Totjie is ’n wit varkie wat heerlik op die plaas woon - totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer.
Meer inligting
 
 
  My eerste boek van ALLES!
ILLUSTREERDER: Richard Scarry
VERTALER: Alta Diedericks
Hier is dit nou! ’n Heerlike, groot eerste konsepteboek wat meer as 700 woorde aan kinders bekendstel. Die lieflike Scarry-karakters is terug om konsepte soos tel, kleure, die alfabet, goeie maniere en groottes vir die kleingoed te leer. Die beste van alles is: Hierdie boek is pret!
Meer inligting
 
 
  Wat doen mense elke dag
deur Richard Scarry
Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op ’n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels. Wat doen ’n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad?
Meer inligting
 
 
  Motors, trokke en alles wat ry
deur Richard Scarry
Kom val in die pad saam met Richard Scarry – skrywer van treffers soos My eerste boek van ALLES! en Die beste rympies ooit. Met Scarry se gebruiklike humor en verbeeldingrykheid as gids reis ons jong lesers saam met die Oinkgesin na die strand.
Meer inligting
 
 
  Die beste rympies ooit
deur Richard Scarry
Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme.
Meer inligting
 
 
  My eerste groot woordeboek
deur Richard Scarry
In Richard Scarry se My eerste groot woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei.
Meer inligting
 
 
  Soek die koek!
deur Thé Tjong-Khing
AGTERGROND
Meneer en mevrou Hond se koek word gesteel. En daar gebeur nog baie meer. Hoekom huil Kind Konyn? Waar is die elfde eendjie? Sien jy vir Vos en Haas? ’n Pragtige kyk-en-soekboek deur Thé Tjong-Khing wat kinders (en hul ouers!) ure se vermaak sal verskaf.
Meer inligting
 
 
  Mevrou Skaap, die piekniek en die koek
deur Thé Tjong-Khing
Meneer en mevrou Hond is trots op hulle twee pragtige koeke. Saam met hulle dierevriende wil hulle ’n lekker piekniek gaan hou. Maar dan gebeur daar iets onverwags...’n Pragtige kyk-en-soekboek deur Thé Tjong-Khing wat kinders (en hul ouers!) ure se vermaak sal verskaf. Hierdie boek is in dieselfde tradisie as die gewilde Where’s Wally.
Meer inligting
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Boerdery
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us