Home l Afrikaans Books l Fiksie l Jagters van die woestynland  
  Jagters van die woestynland
deur P.J. Schoeman
Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”. Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood. In Jagters van die woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland.
Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan sê watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?
OOR DIE OUTEUR
Gebore 20 September 1904, verwerf ’n doktorsgraad in Volkekunde in Londen. Doseer Volkekunde aan die US, tree in 1947 af om voltyds te skryf. Aangestel as hoofveldwagter in Namibië (1951). Toekennings: Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Publiseer 30 boeke. Oorlede op 5 Julie 1988 te Stellenbosch.
LESERSPROFIEL
Liefhebbers van fiksie, geskiedenis, natuur en jagverhale. Jeug sowel as ouer lesers wat sedert vroegste Schoeman-uitgawes aanhangers was.
Prys: 120.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN: 9781869192242
137 x 213 mm
182 bladsye, Sagteband
Gewig: 300g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us