Home l Afrikaans Books l Geskiedenis l Jagkonings  
  Jagkonings
deur J. von Moltke
Die grootstes onder die grotes. Konings van die jagveld. Rusteloos van geaardheid en altyd met ´n drang na die wildernis van Portugees-Wes-Afrika en Suidwes-Afrika.
In die loop van Von Moltke se navorsing oor Afrikaner-pioniers in Anglola het ´n paar handskrifte in sy besit gekom wat net te goed was om te laat verbygaan. So is hierdie herinneringe aan die vergetelheid ontruk – verhale wat nie net ´n blik op ´n byna vergete hoekie van die volksverlede bied nie maar ook bydra tot ons kennis van die Boer as beroepsjagter.
Hulle name leef vandag nog: Hendrik van Zyl, Jan Robbertse, Jan Labuschagne, Ou Daan Robbertse. As dorslandtrekkers en grootwildjagters het hulle roem vir die Boerenaam help verwerf. Van Jan Harm Robbertse, die laaste groot Afrikanerjagter, is gesê hy was iemand „met ´n sterk persoonlikheid, ... ´n gebore hoof en leier van mense, dapper en onverskrokke in enige gevaar. Geen wonder dat hy op sy swerftogte en eksepedisies so ´n groot vertroue en roem verwerf het nie, en daarby was by die eerlikheid en nederigheid self.“
Prys: 200.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2003
ISBN: 9781919825540
140 x 220 mm
391 bladsye, hardeband
Gewig: 700 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us