Home l Afrikaans Books l Niefiksie l Halala Afrikaans  
  Halala Afrikaans
deur Daniel Hugo (Redakteur)
AGTERGROND
Afrikaans is die grootste nie-rassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande - Afrika, Asië en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. En daarom ook is my taal my beste wapen teen rassisme. (Jan Rabie, 1992)
Hierdie uitspraak van die Afrikaanse skrywer Jan Rabie dien as die uitgangspunt van hierdie opwindende nuwe boek oor Afrikaans. Afrikaans is oor die afgelope drie eeue al baie dinge genoem: die jongste Germaanse taal én Afrikataal, kombuistaal én parlementstaal, witmanstaal én hotnotstaal, onderdrukkerstaal én bevrydingstaal, Christentaal én Moslemtaal, elitistiese taal én omgangstaal, plat taal én poëtiese taal. In hierdie “storie van Afrikaans” word ’n bondige oorsig gegee van waar Afrikaans vandaan kom, wie hom praat, skryf, gebruik en misbruik. In tye van voorspoed én van teenspoed het Afrikaans bewys dat hy ’n lewenskragtige, skeppende en bowenal nuttige taal is.
OOR DIE OUTEURS Dr. Daniel Hugo was ’n lektor aan die Vrystaatse Universiteit en later spesialisomroeper by Radiosondergrense. In 2004 is hy aangewys as Via Afrika se Joernalis van die Jaar. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en dien op dié liggaam se Letterkundekommissie. Sedert April 2008 is hy direkteur van die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (voorheen Huis der Nederlanden) in Pinelands, Kaapstad. Daar het reeds 13 poësiebundels uit Hugo se pen verskyn. Die nuutste, Die panorama in my truspieël, is pas deur Protea Boekhuis gepubliseer. As vertaler het hy werke van Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, Karel Glastra van Loon en David van Reybrouck en Gerrit Komrij uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
Bekendes en kundiges van Afrikaans soos Nicol Stassen, Dr. Anton Prinsloo, Jaco Jacobs, Dr. Gawie Bothma, Dr. Andries “Roof” Bezuidenhout, Braam Muller, Prof. Annette de Wet en Danielle Heyns het bydraes gelewer tot hierdie werk.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Nog nooit tevore is die verhaal van Afrikaans so toeganklik en deeglik saamgevat nie. Hierdie is ’n werk wat nie net tersiêre voorskryfmoontlikhede inhou nie, maar bied boeiende leesstof vir enigiemand wat geïnteresseerd is in die onstaan en ontwikkeling van Afrikaans.
LESERSPROFIEL
Leesvoorkeur: Afrikaans, geskiedenis, taal en biografieë.
Prys: 160.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN 978-1-86919-292-1
152 x 222 mm
176 bladsye, sagteband
Gewig: 250 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us