Home l Afrikaans Books l Fiksie l Fanie word grootwildjagter  
  Fanie word grootwildjagter
deur P.J. Schoeman
AGTERGROND
Hierdie boek is die tweede in die gewilde Fanie-trilogie en volg op Fanie se veldskooldae. Fanie is nou 地 bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 地 jagtog te stuur. Met 地 splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfolozi. In hierdie ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 地 Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 地 Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan ontluik die wispelturige seun in 地 verantwoordelike jong man wat leer om na sy wyse Zoeloevaders te luister, Hlabisa en Lewies.
OOR DIE OUTEUR
Gebore 20 September 1904. Hy verwerf ‘n doktorsgraad in Volkekunde in Londen. Daarna doseer hy Volkekunde aan die US maar tree in 1947 af om voltyds te skryf. In 1951 word hy aangestel as hoofveldwagter in Namibië. Sy eerste boek, Die swerwerjagter, verskyn in 1933. Toekennings:  Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Hy het dertig boeke gepubliseer en is op 5 Julie 1988 op Stellenbosch oorlede.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Klassieke Afrikaans. Verhaal van seun se pad na volwassewording. Getuig van liefde vir en kennis van die plant- en dierelewe.
Prys: 100.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-220-4
137 x 213 mm
172 bladsye, sagteband
Gewig: 350 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us