 |
| |
Fanie se vuurdoop
deur P.J. Schoeman
AGTERGROND
Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke figureer daar weer ’n sterk Afrikamens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?
OOR DIE OUTEUR
Gebore 20 September 1904. Hy verwerf ‘n doktorsgraad in Volkekunde in Londen. Daarna doseer hy Volkekunde aan die US maar tree in 1947 af om voltyds te skryf. In 1951 word hy aangestel as hoofveldwagter in Namibië. Sy eerste boek, Die swerwerjagter, verskyn in 1933. Toekennings: Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Hy het dertig boeke gepubliseer en is op 5 Julie 1988 op Stellenbosch oorlede.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Klassieke Afrikaans. Verhaal van seun se pad na volwassewording. Getuig van liefde vir en kennis van die plant- en dierelewe.
Prys: 100.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-219-8
137 x 213 mm
172 bladsye, sagteband
Gewig: 300 g |
|
 |
|
 |

|
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |