 |
| |
Drie jong jagters
deur P.J. Schoeman
AGTERGROND
Vir Fanie, Japie en Piet “is daar twee groot ideale in die lewe: om saam met hul pa Bosveld toe te gaan en om eendag saam met hom oorlog toe te gaan”. Uit die bloute daag oom Gert by hulle huis op en vra Fanie se pa om saam te gaan jag in die Bosveld. Die seuns kan beswaarlik hulle geluk glo toe oom Fanie aankondig dat hulle mag saamgaan.
Die Bosveldervaring beteken groot avontuur! Die seuns kry geleentheid om jag te maak op rietbokke, waterbokke, sebras, vlakvarke en buffels. Fanie laat selfs ’n krokodil sneuwel. Dis voorwaar meer opwindend as die voëljagtogte van vroeër. En wanneer die leeu snags brul, wéét hulle: ’n ontmoeting met die koning van die Bosveld is onvermydelik. OOR DIE OUTEUR
Gebore 20 September 1903. Hy verwerf ’n doktorsgraad in Volkekunde in Stellenbosch. Daarna doseer hy Volkekunde aan die US. Hy volg prof. Eiselen op as professor en dekaan, maar tree in 1947 af om voltyds te skryf. In 1951 word hy aangestel as hoofwildbewaarder van Suidwes-Afrika, nou Namibië. Hy was hoof van drie kommissies om die welstand van die San te ondersoek. Op sy aanbeveling was Boesmanland aan hulle toegeken met Tsumkwe as hulle hoofstad. Sy eerste boek, Die swerwerjagter, verskyn in 1933. Toekennings: Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Hy het dertig boeke gepubliseer en is op 5 Julie 1988 op Stellenbosch oorlede.
Prys: 100.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 9781869192211
137 x 213 mm
175 bladsye, sagteband
Gewig: 200 g
|
|
 |
|
 |

|
 |
| |
|
|
|
|
| |
PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187 |
|
|
|
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke |