Home l Afrikaans Books l Fiksie l Die wit Boesman  
  Die wit Boesman
deur Peter Stark
AGTERGROND
Peter Stark skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ’n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibië. Leeus wat San-handlangers jaag, luiperds wat agtervolg moet word en die olifantverhale is maar enkele van die avonture wat die meeste mense nie beskore is nie, maar wat Stark vir die leser werklik maak deur sy ervarings te deel.
Met die hulp van Doc Immelman het Stark dit reggekry om ’n belangrike kultuurhistoriese perspektief op Namibië te bied. Die foto’s, meestal deur Stark of sy mede-veldverkenners geneem,  dra verder tot die werklikheidsbelewing van hierdie avonture by.
OOR DIE OUTEUR
Peter Stark is in die destydse Duits-Suidwes-Afrika gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-gebied op die negentiende breedtegraad.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Die Duitse weergawe van
Der weisse Buschmann beleef ongekende gewildheid en is al verskeie kere herdruk. Hierdie langverwagte Afrikaanse weergawe is een van die mees omvattende boeke oor Namibië. Die staaltjies en vertellings is opwindende leesmateriaal.
Prys: 140.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-153-5
152 X 222 mm
224 bladsye, met 24-bladsy fotoseksie, sagteband
Gewig: 450 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us