Home l Afrikaans Books l Fiksie l Die swerwerjagter  
  Die swerwerjagter
deur P.J. Schoeman
“In die lewe vind ons hier en daar die gebore swerwers, persone vir wie ’n huis net ’n plek is om nou en dan in te rus. Dan is dit weer die vertes wat roep, die onbekende wat lok. Die moeder of beminde pleit vergeefs, want die man met ’n swerwersiel kan homself nie help nie. Wanneer die stem roep, moet hy gaan...”
Afrika is ’n plek vol swerwersiele. In dié versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel. Daar is Mabula, die swerwerjagter, ’Mbalek, die swerwerdokter en Strepies, die wees sebratjie. Die leser maak ook kennis met die betowerende sprokies van Afrika. En die ongerepte bosveld sorg natuurlik vir oorgenoeg jagavonture...
OOR DIE OUTEUR
Gebore 20 September 1904, verwerf ’n doktorsgraad in Volkekunde in Londen. Doseer Volkekunde aan die US, tree in 1947 af om voltyds te skryf. Aangestel as hoofveldwagter in Namibië (1951). Sy eerste boek, Die swerwerjagter, verskyn in 1933. Toekennings: Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Publiseer 30 boeke. Oorlede op 5 Julie 1988 te Stellenbosch.
Prys: 110.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN 9781869192266
137 x 213 mm
158 bladsye, sagteband
Gewig: 200 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us