Home l Afrikaans Books l Geskiedenis l Die eensame graf by Mombolo  
  Die eensame graf by Mombolo
deur George Diederik van der Smit
Die lewensverhaal van Pieter van der Smit, sy vrou Martha en hulle kinders is nie bedoel om vinnig te lees en gou te vergeet nie. Dit is ‘n verhaal van merkwaardige mense in moeilike omstandighede; ‘n verhaal oor die voortdurende stryd om oorlewing.
In 1989 verlaat die “Rouw Ollandertjie” Pieter van der Smit Nederland om vir Boerekinders in Transvaal te gaan skoolhou. Toe die Anglo-Boereoorlog ‘n jaar later uitbreek, sluit hy by die Boeremagte aan. Nadat Pretoria deur die Engelse ingeneem is, word hy na Nederland gedeporteer.
Maar Afrika trek hom onweerstaanbaar aan. In 1901 vertrek by na die kolonie Boere wat hulle na afloop van die Dorslandtrekke by Humpata in die suide van Angloa gevestig het. Hy trou met Martha Maria Prinsloo, die dogter van die Dorslandtrekker Willem Prinsloo, en hulle maak elf kinders groot.
Hulle swerfpad loop deur Palanca, Qué, Caconda, Sacangimba, Bihé, Luimbale en Mombolo.
Hy is agtereenvolgens onderwyser, transportryer, boer, algemene handelaar, kaseïenmaker en fotograaf. In 1921 vind hy rus in ‘n eensame graf onder ‘n grysappelboom by Mombolo op die vrugbare hoogland van Angola. Sy dagboeke, briewe en foto’s is unieke bronne van inligting oor die lewenswyse van die Boere in Angloa en hulle moeilike jare onder ‘n vreemde bewind, omring deur vyandige inboorlingstamme en die ongenaakbare natuur.
Prys: 180.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2006
ISBN: 9781919825670
140 x 220 mm
329 bladsye, hardeband, met fotos
Gewig: 600 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us