Home l Afrikaans Books l Kinderboeke l Die beste rympies ooit  
  Die beste rympies ooit
deur Richard Scarry
Richard Scarry is węreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme. Daniel Hugo se vertalings van ou bekendes soos “Little Miss Muffet”, “Simple Simon”, “Old Mother Hubbard” en “Georgie Porgie” gee hulle ’n onverwagse nuwe lewe in Afrikaans.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n węreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Węreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.
LESERSPROFIEL
Teikenleser: 3-8-jaar (voor- en selflees)
Prys: 120.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN: 9781869193171
300 x 260 mm
94 bladsye, hardeband
Gewig: 750 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us