Home l Afrikaans Books l Fiksie l Die agterhuis  
  Die agterhuis
deur Anne Frank
AGTERGROND
Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die węreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Węreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry. In die volgende maand, toe die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne neer wat die gesin ervaar, sy lewer kommentaar op die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en sy doen ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van ’n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die “skuilgangers” aan die Nazi’s verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal en is nou ook in Afrikaans beskikbaar.
OOR DIE VERTALER
Lina Spies is ’n bekende Afrikaanse digteres en letterkundige. Sy het lankal ’n belangstelling in Anne Frank. Die vertaling van
Die agterhuis is vir haar die vervulling van ’n ideaal. Prof. Spies woon in Stellenbosch.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Spies se gedig oor Anne is voorgeskryf en die figuur Anne Frank is dus bekend onder Afrikaanse lesers. Die Anne Frank-museum in Amsterdam word gereeld deur Suid-Afrikaners besoek. Afrikaanse lesers wat nie meer met Nederlands vertroud is nie, behoort die vertaling te verwelkom.
Prys: 130.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2008
ISBN: 978-1-86919-188-7
137 x 213 mm
340 bladsye, sagteband, fotoseksie
Gewig: 550 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us