Home l Afrikaans Books l Niefiksie l Annerlike Afrikaans  
  Annerlike Afrikaans
deur Anton F. Prinsloo
Hierdie omvattende woordeboek plaas die gewoonlike Afrikaans uit die kontreie op skrif vir inkommers en vir ingesetenes wat wil klont oor kontreitaal. Die eienaardig mooie woordeboek ontgin annerlike Afrikaans op so ´n manier dat geen leser meer uitgesluit hoef te wees van diegene wat eenspaaierig handel nie want alles wat hierin opgeteken is, is koek van een deeg.
´n Taal se lewenskragtigheid lę veral in sy variasie. Hierdie woordeboek is daarom lewende bewys daarvan dat Afrikaans as taal nie naastenby aan die uitsterf is nie. (Dit is) meer werd as duisend toeprake oor die voortbestaan van Afrikaans. Annerlike Afrikaans is pionierswerk. (Prof Hans du Plessis)
Annerlike Afrikaans is voorstebos en dis vir al ons mense. (Dana Snyman)
OOR DIE OUTEURS Dr. Anton Prinsloo het op 10-jarige leeftyd sy eerste stories in die kinderhoekie van
Die Transvaler gepubliseeren word sedertdien steeds deur taal betower. Hy was onder meer voorsitter van die taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans en van die Komitee vir Taaladvies van die SAUK.
LESERSPROFIEL
Leesvoorkeur: Afrikaans, geskiedenis, taal en biografieë.
Prys: 250.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN 9781869192655
152 x 222 mm
176 bladsye, sagteband
Gewig: 1000 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us