Home l Afrikaans Books l Geskiedenis l Afrikaners in Angola: 1928–1975  
  Afrikaners in Angola: 1928–1975
deur Nicol Stassen
AGTERGROND
Stassen wy o.a. ’n volle hoofstuk aan die aangrypende verhaal van die Dorslandtrekkers en hulle lotgevalle. Tydens hierdie Angola-Boere se verblyf in Angola was daar van boerdery min sprake en probleme was velerlei: ’n problematiese verhouding met die Portugese owerheid, terwyl gebrekkige ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, en gevolglike armoede, soms tot ontstellende verval gelei het. In 1928 is ongeveer 2000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer. Die gemeenskap van 386–471 Afrikaners wat ná 1928 in Angola agtergebly het, is aan die vergetelheid en verwaarlosing oorgelaat en is later as ’n “lewende fossiel” en slagoffers van hulle eie behoudendheid bestempel. Sommige het wel nog ’n lewe uit gemengde boerdery, transportry en jag probeer maak, dekades nadat hierdie lewenswyse elders uitgesterf het. Vanaf 1958 tot 1963 is die meerderheid van die ongeveer 600 Afrikaners in Angola na Suidwes-Afrika en Suid-Afrika gerepatrieer, terwyl slegs enkeles in Angola agtergebly het. Hierdie groepie Afrikaners het hul Afrikanerskap daar onder moeilike omstandighede gehandhaaf. Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug en het die verbintenis van die Angola-Boere met Angola ná byna ’n eeu tot ’n einde gekom. Hulle interessante en kleurryke lewe word beskryf en die sogenaamde “trekgees” as ’n moontlike rede vir hulle swerftogte word onder die loep geneem.
OOR DIE OUTEUR
Besturende direkteur: Protea Boekhuis (boekwinkelgroep en ’n uitgewery). Verwerf ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese, en in 2009 ’n doktorsgraad in geskiedenis.
LESERSPROFIEL
Leesvoorkeur algemene, persoonlike en politieke geskiedenis, Afrikaanse kultuur, rasseverhoudinge.
Prys: 300.00 N$ inkl. VAT
Protea Boekhuis, Pretoria 2009
ISBN: 978-1-86919-340-9
152 x 222 mm
762 bladsye, hardeband, fotoseksie van 48 bladsye en kaart
Gewig: 1300 g
 
 
         
  PDF Order Form
To place an order for a wanted item, please download oder form here and fax to:
+ 264 61 226 187
 
 
Other categories for Afrikaans Books:
Fiksie
Niefiksie
Geskiedenis
Kook en Gesondheid
Kinderboeke
© Demasius Publications cc l Disclaimer l Contact us